K. Marx & F. Engels

 

VOORWOORD TOT DIE 1872 DUITSE UITGAWE VAN DIE KOMMUNISTE-MANIFES 

  


Geskryf: Op Junie 24, 1872, in Londen, deur Karl Marx en Friedrich Engels.
Eerste uitgawe: In 1872 Duitse uitgawe van die Kommuniste-Manifes deur Karl Marx en Friedrich Engels.
Hierdie uitgawe: Marxists Internet Archive (marxists.org), Januarie 2013.
Brondokument: Karl Marx en Friedrich Engels, Die Kommuniste-Manifes. Kaapstad, Suid-Afrika: Werkersparty van Suid-Afrika (1938), blad. 47-48.


 

Die Kommuniste-bond, 'n internasionale vereniging vary werkers, wat in die tyd weens die hersende omstandighede alleen as 'n geheime organisasie kon bestaan, het aan ons,. die ondergetekendes, op die Kongres wat in November 1847 in Londen gehou is, opdrag g^gte om vir publikasie 'n teoretiese en praktiese program in alle besonderhede van die Party op te stel. Op die manier het die Manifes wat hier volg, ontstaan; die manuskrip is 'n paar weke voor die Februarie-rewolusie na Londen gestuur om gedruk te word. Dit is eerste uitgegee in Duits en daarna in daardie taal herdruk in Duitsland, Engeland en Amerika in ten minste twaalf aparte uitgawes. In Engels is dit vir die eerste keer in 1850 in die Red Republic, Londen,, uitgegee, vertaal deur mej. Helen Macfarlane, en in 1871 in ten minste drie aparte vertalings in Amerika. Die Franse uitgawe het vir die eerste keer in Parys verskyn kort voor die Junie-opstand van 1848, en onlangs in Le Socialiste van New York. Daar word op die oomblik gewerk aan 'n nuwe vertaling. 'n Poolse uitgawe het in Londen die lig gesien kort nadat dit vir die eerste keer in Duits uitgegee is. In die sestiger jare het daar in Geneve 'n Russiese vertaling verskyn. Ook in die Deense taal is dit kort na die eerste verskyning oorgesit.

Hoe seer die toestand van sake ook al in die loop van die afgelope 25 jaar verander het, die algemene beginsels soos vasgele in hierdie Manifes is, oor die algemeen genome, vandag nog net so geldig as ooit tevore. Hier en daar mag daar 'n detail wees waarop verbeter kan word. Die prak tiese toepassing van die beginsels sal orals en ten alle tye, soos die Manifes self verklaar, afhanklik wees van die his toriese omstandighede wat op die oomblik heers, en om die rede word daar geen spesiale klem gele op die rewolusionere maatreels wat aan die end van Afdeling II aan die hand gegee word nie. Daardie gedeelte sou in baie opsigte van dag baie anders opgestel word. Met die oog op die reusag tige vooruitgang in die moderne nywerheid sedert 1848, en op die verbeterde en uitgebreide organisasie van die arbei dende klas wat dit vergesel het, met die oog op die praktiese ondervinding wat opgedoen is, eers tydens die Februarie-rewolusie, en toe, tot nog groter mate, in die Paryse Kommune, waar die proletariaat vir die eerste keer vir twee hele maande die politieke mag in hande gehad het, het hierdie program in enige besonderhede verouderd geraak. Veral een ding is deur die Kommune bewys, naamlik dat .„ die werkende klas nie sommer die klaargemaakte staatsmasjinerie in hande kan neem en dit tot sy eie doeleindes aanwend nie." (Vergelyk Die Burgeroorlog in Frankryk; Rede gehou deur die Algemene Raad van die Internasionale Arbeidersvereniging, 1871, waar verder op hierdie punt ingegaan is.) Verder is dit vanselfsprekend duidelik dat die kritiek op Sosialistiese letterkunde ontoereikend is in soverre dit die huidige tyd geld, omdat dit ons alleen tot 1847 voer; ook dat die aanmerkings oor die verhouding van die Kommuniste tot die verskillende partye (Afdeling IV), alhoewel dit in beginsel nog juis is, tog in die praktyk verouderd is, omdat die politieke posisie geheel en al veranderd is en die loop van die geskiedenis die grootste gedeelte van die politieke partye wat daarin genoem word van die aarde weggevee het.

Maar, die Manifes het 'n historiese dokument geword wat ons nie die reg meer het om verandering in aan te bring nie. 'n Latere herdruk mag moontlik verskyn met 'n in leiding wat die kloof tussen 1847 en die hede oorbrug; maar "hierdie huidige herdruk is te skielik aan ons opgedra om ons die tyd te laat om sodanige inleiding te skrywe.

Karl Marx.     Frederick Engels.

Londen, 24 Junie 1872.