Leon Trostky

 

Negentig Jaar van die Kommuniste-Manifes

Inleiding tot die Eerste Uitgawe van die Manifes in Afrikaans

  


Geskryf: Op 30 Oktober 1927, in Coyoacan, Meksico, deur Leon Trotsky.
Eerste uitgawe: In Karl Marx en Friedrich Engels, Die Kommuniste-Manifes. Suid-Afrika: Werkersparty van Suid-Afrika (1938), blad. 3-14.
Hierdie uitgawe: Marxists Internet Archive (marxists.org), Januarie 2013.
Brondokument: Karl Marx en Friedrich Engels, Die Kommuniste-Manifes. Suid-Afrika: Werkersparty van Suid-Afrika (1938), blad. 3-14.


 

 

'n Mens kan dit skaars glo dat die Kommuniste-Manifes oor slegs tien jaar reeds sy eeufees vier! Hierdie pamflet, waarin groter genie aan die dag gele word as in enige ander in die wereld-letterkunde, verbaas ons vandag nog deur sy frisheid. Die belangrikste dele daarin skyn gister geskrywe te wees. Voorwaar, die jong opstellers (Marx was 29, Engels 27) was in staat om verder die toekoms in te sien as, enigiemand voor hulle, en miskien enigiemand nä hulle.

Reeds in hul gesamentlike inleiding tot die uitgawe van 1872 het Marx verklaar dat ten spyte daarvan dat sekere ondergeskikte dele van die Manifes verouderd geraak net, hulle gevoel het dat hulle nie meer die reg gehad het om verandering in die oorspronklike teks aan te bring nie, omdat die Manifes in die 25 jaar wat intussen verloop het, reeds 'n historiese dokument geword het. Sedert die tyd het nog vyf-en-sestig jaar verloop. Geisoleerde passate in die Manifes het meer en meer deel van die verlede geword. Ons sal in hierdie inleiding 'n poging aanwend om op beknopte wyse aan te dui watter begrippe in die Manifes vandag nog hul volle krag behou, asook die wat belangrike verandering of aanvulling nodig het.

1. Die materialistiese geskiedenis-opvatting, wat kort tevore eers deur Marx ontdek en op meesterlike wyse in sy Manifes ingelyf is, het met volslae sukses die toets van gebeurtenisse en die aanvalle van vyandige kritiek weerstaan. Dit maak vandag een van die waardevolste werktuie van die mens se denke uit. Alle ander uitleggings van die gang van die geskiedenis het alle wetenskaplike betekenis verloor. Ons kan met sekerheid verklaar dat dit in ons tyd onmoontlik is nie alleen om ‘n strydende rewolusionere te wees nie, maar selfs om 'n intelligente waarnemer van die politiek te wees sonder om die materialistiese geskiedenis-opvatting aan te neem.

2. Die eerste hoofstuk van die Manifes het die volgende aanhef: „Die geskiedenis van alle maatskaplike lewe wat tot dusver bestaan het, is 'n geskiedenis van klassestryd! Hierdie Stelling, die allerbelangrikste gevolgtrekking wat uit die materialistiese geskiedenisopvatting gemaak is, het onmiddellik 'n strydpunt in die klassestryd geword. Bitter venynige aanvalle is deur reaksionere huigelaars, liberale leerstellers en idealistiese demokrate gerig teen die teorie wat die stryd tussen stoflike belange as die dryfkrag in die plek gestel het van die van „onderlinge welsyn," „volkseenheid" en „ ewigdurende sedelike waarhede ". Later het daar by hulle aangesluit vrywilligers vanuit die geledere van die arbeiderbeweging self, die sogenoemde revisioniste, dit is, die voorstanders van die revisie (hersiening) van die Marxisme in die lig van klassesamewerking en klassekonsiliasie. Uiteindelik het daar in ons tyd die veragtelike epigone van die Internasionale Kommuniste-party (die „Staliniste ") in praktyk dieselfde weg opgegaan ; die beleid van die sogenaamde „Volksfront " vloei in sy geheel voort uit die ontkenning van die wette van die klassestryd. Intussen is dit juis die tydvak van die imperialisme, wat alle maatskaplike teenstellings tot die hoogste punt van spanning voer, wat aan die Kommuniste-Manifes sy grootste teoretiese triomf besorg.

3. Die ontleding van kapitalisme, as 'n spesifieke stadium in die ekonomiese ontwikkeling van die maatskappy, is in sy volledige vorm deur Marx in Das Kapital (1867) uiteengesit. Maar reeds in die Kommuniste-Manifes word die hooftrekke van die toekomstige ontleding duidelik omlyn: die besoldiging vir arbeidskrag as gelykstaande met die koste van die produksie daarvan; die toeeiening van surplus-waarde deur die kapitaliste ; wedywer as die grondslag van alle maatskaplike verhoudings; die vernietiging van tussen-klasse, d.i. die stedelike klein-bourgeoisie en die kleinboerebevolking; die sametrekking van rykdom in die hande van 'n steeds kleiner wordende getal eiendomsbesitters aan die een pool en die aansienlike groei van die proletariaat aan die ander; die voorbereiding van die ekonomiese en politieke toestande wat die sosialistiese bewind voorafgaan.

4. Die Stelling in die Manifes aangaande die neiging van die kapitalisme om die lewenstandaarde van die werkers te verlaag en selfs om hulle tot die uiterste armoede at te druk, is hewig aangeval. Predikante, professore, ministers, joernaliste, sosiaal-demokratiese teoretici en vakunieleiers het hulle gestel aan die voorhoede van die teenstanders van die sogenaamde „teorie van verarming." Hulle het gedurig tekens van toenemende voorspoed onder die werkers weet te bespeur, terwyl hulle die arbeider-aristokrasie voorgehou het asof dit die proletariaat is, of 'n verbygaande neiging as van blywende aard aangesien het. Intussen het egter selfs die ontwikkeling van die magtigste kapitalisme van die wereld, naamlik dié van die Verenigde State van Amerika, miljoene arbeiders omskep in verarmdes, wat aan die lewe gehou word deur federale, munisipale of private liefdadigheid.

5. Teenoor die Manifes, wat handeis- en nywerheidskrisisse as 'n reeks steeds meer omvangryke op mekaar völgende rampe voorgestel het, het die revisioniste volgehou dat die nasionale en internasionale ontwikkeling van trusts 'n beheer oor die mark sou verseker en geleidelik tot die afskaffing van krisisse sou lei. Die slot van die vorige eeu en die begin van die huidige is inderdaad gekenmerk deur 'n ontwikkeling van kapital isme wat so onstuimig was dat dit krisisse as slegs ,, toe valiige " stremmings laat voorkom het. Maar hierdie tydvak is onherroepelik verbygegaan. In sy kern het die waarheid in hierdie vraagstuk, soos in die ander, geblyk aan die kant van Marx te staan.

6. „Die uitvoerende liggaam van die moderne Staat is niks meer nie as 'n komitee vir die behartiging van die gemeenskaplike sake van die hele bourgeoisie." Hierdie bondige formule, waarop die leiers van die sosiale demokrasie neergesien het as 'n joernalistieke paradoks, bevat inderdaad die enigste wetenskaplike teorie ten opsigte van die Staat. Die demokrasie wat deur die bourgeoisie geskep is, is nie, soos sowel Bernstein as Kautsky gemeen het, 'n leë sak wat 'n mens maar sonder hinder met enige klasse-inhoud kan vul nie. Bourgeoisdemokrasie kan alleen die bourgeoisie dien, 'n Regering van die „Volksfront," onverskillig of Blum of Chautemps, Caballero of Negrin aan die hoof daarvan staan, is slegs „ 'n komitee vir die behartiging van die gemeenskaplike belange van die hele bourgeoisie ". Wanneer hierdie „ komitee " sake sieg bestuur, skop die bourgeoisie horn eenvoudig uit.

7. „Elke klassestryd is 'n politieke stryd." „Die organisasie van die proletariaat tot 'n klas (is) derhalwe sy organisasie tot 'n politieke party." Lede van vakunies aan die een kant, en anargo-sindikaliste aan die ander kant het al lankal— soos hulle reeds nou weer doen— 'n begrip van hierdie historiese wette probeer ontduik. Die stelsel van „suiwere" vakunies het pas 'n verpletterende slag ontvang in sy vernaamste toevlugsoord, die Verenigde State. Anargo-sindikalisme het 'n onherstelbare nederlaag gely in sy sterkste vesting, Span je. Ook hier het geblyk dat die Manifes gelyk gehad het.

8. Die proletariaat kan nie die mag verower binne die geregtelike raamwerk wat deur die bourgeoisie opgerig is nie. „Kommuniste verklaar openlik dat hulle hul doel alleen kan bereik deur die geweldadige omverwerping van alle bestaande maatskaplike toestande." Die reformisme het hierdie Stelling van die Manifes probeer verklaar op grond van die onrypheid van die beweging en die ontoereikende ontwikkeling van die demokrasie in dié tyd. Die lot van Italiaanse, Duitse en 'n groot aantal ander „demokrasieë " bewys dat „onrypheid " juis die kenmerkende eienskap van die idees van die reformiste self is.

9. Vir die sosialistiese omvorming van die maatskappy moet die arbeiderklas alle sodanige mag in sy hande konsentreer wat elke politieke hindernis, wat die weg tot die nuwe stelsel versper, sal kan vernietig. „Die pro letariaat georganiseer as die heersende klas "... dit is die diktatorskap. Terselfdertyd is dit die enigste proletariese demokrasie. Sy omvang en diepte hang af van die konkrete historiese omstandighede. Hoe groter die getal state wat die weg van die sosialistiese rewolusie inslaan, hoe vryer en meer buigsaam sal die vorms wees wat die diktatorskap sal aanneem, en hoe breër en meer verreikend sal die arbeiders se demokrasie wees.

10. Die internasionale ontwikkeling van kapitalisme het vooraf die internasionale 'karakter van die proletariese rewolusie bepaal. „Gesamentlike optrede, van die vooraanstaande beskaafde volke ten minste, is een van die eerste voorwaardes vir die vrywording van die proletariaat." Die verdere ontwikkeling van kapitalisme het alle afdelings van ons planeet, „beskaafde " sowel as „onbeskaafde", so nou met mekaar verbind dat die vraagstuk van die sosialistiese rewolusie geheel en al en ibeslis van wêreldomvang geword het. Die Sowjetbureaukrasie het die Manifes probeer likwideer ten opsigte van hierdie fundamentele vraag. Die Bonapartistiese ontaarding van die Sowjetstaat is 'n oorweldigende voorbeeld van hoe vals die teorie van sosialisme in een land is.

11. „As in die loop van die ontwikkeling klasseonderskeid verdwyn het, en alle produksie in die hande van 'n reusagtige vereniging van die hele volk gekonsentreer is, dan sal die openbare mag sy politieke karakter verloor het." Met ander woorde: die staat krimp weg. Die maatskappy bly staan, bevry van sy dwangbuis. Daarin bestaan sosialisme. Die omgekeerde Stelling: die reusagtige toename van staatsdwang in die U.S.S.R. is 'n veelseggende bewys dat die maatskappy besig is om horn van die sosialisme af weg te beweeg.

12. „Die arbeiderklas het geen vaderland nie." Hierdie woorde van die Manifes is meer as eenmaal al deur filistyne uitgemaak vir die slimpraatjie van ophitsers. Inderdaad het hierdie woorde die proletariaat egter voorsien van die enigste denkbare rigsnoer in die vraagstuk van die kapitalistiese „vaderland." Die veronagsaming van hierdie rigsnoer deur die Tweede Internasionale het nie alleen vier jaar van verwoesting in Europa teweeggebring nie maar ook die huidige stagnasie in die wereldbeskawing veroorsaak. Met die oog op die voor die deur staande nuwe oorlog, waarvoor die verraad van die Derde Internasionale die weg voorberei het, bly die Manifes selfs nou nog die betroubaarste raadgewer in die saak van die kapitalistiese „vaderland".

* * * * * * *

So sien ons dus dat die gesamentlike en betreklik beknopte Toortbrengsel van twee jong skrywers nog voortgaan om 'n onvervangbare rigsnoer te gee in die mees belangrike en brandende vraagstukke in verband met die stryd om vrywording. Watter ander boek kan selfs vérlangs in hierdie opsig vergelyk word by die Kommuniste-Manifes? Maar dit sê nog nie dat dit na negentig jaar van ongeëwenaarde ontwikkeling van die produksie-magte en geweidige maatskaplike stryd nie nodig is om tot die Manifes by te voeg of daar verbeterings in aan te bring nie. Programme eh voorspellings word op die proef gestel en gewysig in die lig van die ondervinding, wat die hoogste maatstaf is waaraan die mens sy denke kan toets. Ook die Manifes het behoefte aan verbeterings en aanvullings. Soos die ondervinding van die geskiedenis egter seif bewys, kan hierdie verbeterings en aanvullings alleen met sukses geskied as hulle uitgevoer word volgens die metode wat deur die wese van die Manifes seif vasgelê is. Ons sal probeer om dit in verskeie van die belangrikste gevalle aan te dui.

1. Marx het ons geleer dat geen maatskaplike stelsel uit die stryperk van die geskiedenis verdwyn voordat hy sy skeppende moontlikhede geheel en al uitgeput het nie. Die Manifes kasty die kapitalisme op grond dat dit die ontwikkeling van die produksie-kragte vertraag. Gedurende hierdie tydperk egter, sowel as in die daaropvolgende dekades, was hierdie vertraging slegs relatief van aard. As dit in die tweede helfte van die XlXde eeu moontlik gewees het om die ekonomie op sosialistiese grondslag te organiseer, dan sou sy groei onmeetlik vinniger gewees het. Maar hierdie teoreties onweerlegbare Stelling neem nie die feit weg dat die produksie-kragte tot op die tyd van die Wêreldoorlog voortgegaan het om op 'n wêreldskaal uit te brei nie. Dit is slegs in die afgelope twintig jaar dat, ten spyte van die mees moderne vordering van die wetenskap en die tegnologie, die tydperk van algehele stagnasie en selfs agteruitgang van die wereld-ekonomie begin het. Die mensdom het begin om sy opgehoopte kapitaal uit te gee, terwyl die volgende oorlog dreig om selfs die fondament van die beskawing vir baie jare te vernietig. Die skrywers van die Manifes het gemeen dat die kapitalisme van die baan geskuiwe sou word lank voor die tyd dat dit van 'n betreklik reaksionere regime sou verander geword het tot 'n volkome reaksionêre regime.

Hierdie vormverandering het eers voor die oë van die huidige geslag plaasgevind en ons tydvak omskep in 'n tydvak van oorloë, rewolusies en fascisme.

2. Die fout wat Marx en Engels gemaak het ten opsigte van die historiese datums het voortgevloei, aan die een kant, uit 'n geringskatting van die toekomstige moontlikhede wat daar in die kapitalisme geskuil het, en, aan die ander kant, uit n te hoë skatting van die rewolusiohere rypheid van die proletariaat. Die rewolusie van 1848 het nie oorgegaan tot 'n sosialistiese rewolusie soos die Manifes gereken het nie, maar het vir Duitsland die moontlikheid vir 'n reusagtige toekomstige kapitalistiese ontwikkeling aangedui. Die Parysse Kommune het bewys dat die proletariaat, sonder 'n beproefde rewolusionere party aan sy hoof, nie die mag uit die hande van die bourgeoisie kan ruk nie. Intussen het die langdurige tydperk van kapitalistiese voorspoed wat daarop gevolg het, nie die opleiding van die rewolusionêre voorhoede meegebring nie maar eerder die bourgeoisontaarding van die arbeideraristokrasie, wat op sy beurt weer die vernaamste blok aan die been van die proletariese rewolusie geword het. Uit die aard van die saak kon die skrywers van die Manifes nie moontlik hierdie „dialektiek " voorsien het nie.

3. Vir die Manifes was kapitalisme . . . die koninkryk van vrye wedywering. Terwyl dit verwys het na die toenemende konsentrasie van kapitaal, het die Manifes nie die nodige gevolgtrekking gemaak aangaande die monopolie-stelsel nie, wat die oorheersende vorm is wat die kapitalisme in ons tydvak aanneem en die belangrikste voorafgaande voorwaarde vir 'n sosialistiese ekonomie is.

Slegs later, in Das Kapital, het Marx die neiging van vrye wedywering om oor te slaan na monopolie vasgestel. Dit was Lenin wat 'ri wetenskaplike omskrywing van monopolie-kapitalisme in sy Imperialisme gtgte het.

4. Waar hulle hul waarnemings hoofsaaklik op die voorbeeld van die „industriële rewolusie " van Engeland gegrond het, het die skrywers van die Manifes 'n algeheel te eensydige voorstelling van die proses van ontbinding van die tussen-klasse voorgehou as 'n proletarisasie op groot skaal van handwerkers, kleinhandelaars en kleinboere.

Inderdaad het die oermagte van wedywering nog lank nie hierdie progressiewe en gelyktydig barbaarse werk voltooi nie. Kapitalisme het die klein-bourgeoisie baie vinniger vernietig as wat dit hom geproletariseer het. Buitendien het die bourgeois-staat lank reeds sy beleid bewustelik gestuur in die rigting van die kunsmatige instandhouding van die kleinburgerlike stände. Aan die teenoorgestelde kant is die ontwikkeling van die tegnologie en die rasionalisasie van die grootskaalnywerheid besig om kroniese werkloosheid te skep en die proletarisasie van die klein-bourgeoisie teen te gaan. Gelyktydig hiermee het die ontwikkeling van die kapita lisme tot die hoogste mate die styging in die reusagtige getalle tegnici, bestuurders, kommersiele werknemers, in kort die sogenoemde „nuwe middestand ", versnel. Die gevolg hiervan is dat die tussen-klasse, van wie die Manifes so beslis werklaar dat hulle sou verdwyn, selfs in so 'n hoogs geindustrialiseerde land as Duitsland omtrent die helfte van die bevolking uitmaak. Die kunsmatige instandhouding van die verouderde kleinbourgeoisiestand versag egter hoegenaamd nie die maatskaplike teenstrydighede nie, maar maak hulle eerder soveel meer verderflik, en daarin, tesame met die permanente leer van werkloses, bestaan die gruwelikste vorm wat die verval van die kapitalisme aanneem.

5. Bedoel vir 'n rewolusionere tydvak, bevat die Manifes (aan die end van Hoofstuk 11) tien eise, wat betrekking het op die tydvak van regstreekse oorgang van kapitalisme tot sosialisme. In hul inleiding in 1872 het Marx en Engels reeds verklaar dat hierdie eise deels yerouderd geraak het en in alle geval van bykomende belang was. Die reformiste het hierdie verklaring uitgele asof dit sou aandui dat verbygaande rewolusionere eise vir altyd hul piek afgestaan het aan die sosiaaldemokratiese ,, minimum-program ", wat, soos bekend is, nie die perke van bourgeoisie-demokrasie te buite gaan nie. Inderdaad het die skrywers van die Manifes heeltemal duidelik die belangrikste verbetering op hul oorgangsprogram aangedui, naamlik: „die arbeidende klas kan nie eenvoudig die klaargemaakte staatsmasjinerie oorneem en dit vir sy eie doeleindes aanwend nie ". Met ander woorde, die verbetering is gerig teen die fetisjisme van die bourgeoisie-demokrasie. Marx het later die Staat volgens die tipe van die Kommune teenoor die kapitalis10 tiese Staat gesteh Hierdie „tipe" het naderhand die soveel duideliker vorm van die Sowjets aangeneem. Däar kan vandag geen rewolusionere program bestaan sonder Sowjets en sonder beheer deur die werkers nie. Origens het die tien eise van die Manifes, wat in 'n tyd van vreedsame parlementere bedrywigheid as „verouderd" voorgekom het, vandag weer van volle krag geword. Die sosiaal-demokratiese „minimum-program" het aan die ander kant hopeloos verouderd geraak.

6. Waar hy sy verwagting grond op die feit dat „die Duitse bourgeois-rewolusie slegs die voorloper sal wees van 'n onmiddellik daaropvolgende proletariese rewolusie, haal die Manifes die veel meer gevorderde toestande van Europese beskawing aan, vergeleke by dié wat in Enge land in die 17de eeu en in Frankryk in die 18de eeu bestaan het, asoök die veel groter ontwikkeling van die proletariaat. Die fout in hierdie voorspelling het nie slegs in die datum bestaan nie. Die rewolusie van 1848 het binne 'n paar maande getoon dat juis onder meer gevorderde toestande nie een van die bourgeois-klasse in Staat is om die rewolusie tot voltooiing te bring nie; die groot- en midde-bourgeoisie is te nou verbind met die grondbesitters en te veel geknel deur vrees vir die ma.-ssa; die klein-bourgeoisie is veels te veel verdeeld en in sy hoër lae te veel afhanklik van die groot-bourgeoisie. Soos blyk uit die hele daaropvolgende ontwikkeling in Europa en Asie, kan die bourgeois-rewolusie, op sigself genome, in die algemeen nie meer verwesenlik word nie. 'n Volkome reiniging van die maatskappy van ou feudale afval is alleen moontlik op voorwaarde dat die prole tariaat, bevry van die invloed van die bourgeoisie-partye, sy piek kan inneem aan die hoof van die kleinboerestand en sy rewolusionere diktatorskap bevestig. Op hierdie: wyse word die bourgeois-rewolusie ineengevleg met die eerste stadium van die sosialistiese rewolusie, om daarop dan in laasgenoemde opgelos te word. Die nasionale rewolusie word hierdeur 'n skakel van die wereldrewolusie. Die herskepping van die ekonomiese fondament en van alle maatskaplike verhoudings neem dan 'n permanente (ononderbroke) aard aan.

Vir die rewolusionêre partye in agterlike lande in Asie, Latyns Amerika en Afrika is 'n duidelike begrip van die organiese verband tussen die demokratiese rewolusie en die diktatorskap van die proletariaat — en daardeur die internasionale sosialistiese rewolusie — 'n saak van lewe en dood.

7. Terwyl hy aantoon hoe die kapitalisme agterlike en barbaarse lande in sy draaikolk intrek, word daar nerens in die Manifes verwys na die stryd om onafhanklikheid deur koloniale en half-koloniale lande nie. In soverre Marx en Engels die sosiale rewolusie ,, altans in die vernaamste beskaafde lande " beskou het as 'n saak wat binne die volgende paar jaar afgehandel sou word, was die koloniale vraagstuk vir hulle outomaties opgelos, nie as gevolg van die onafhanklike optrede van die onderdrukte volkere nie, maar as gevolg van die oorwinning van die proletariaat in die hoofstedelike sentrums van kapitalisme. Derhalwe word die vraagstukke van rewolusionêre strydbeleid in koloniale en half-koloniale lande in die geheel nie deur die Manifes aangeroer nie. Tog vereis hierdie vraagstukke 'n onafhanklike oplossing. Dit is byvoorbeeld heeltemal vanselfsprekend duidelik dat terwyl die ,, nasionale vaderland " die verderflikste historiese rem in gevorderde kapitalistiese lande geword het, dit nog 'n betreklik progressiewe faktor bly in agterlike lande, wat gedwing word om te worstel om 'n onafhanklike bestaan.

„Die Kommuniste", so verklaar die Manifes, „ondersteun oral alle rewolusionere bewegings wat gekant is teen die bestaande maatskaplike en politieke orde ". Die beweging van die gekleurde rasse teen hul imperialistiese onderdrukkers is een van die magtigste en belangrikste bewegings teen die bestaande orde, en maak derhalwe aanspraak op die voile, onvoorwaardelike en onbeperkte ondersteuning van die proletariaat van die blanke ras. Die eer vir die ontwikkeling van die rewolusionere strydbeleid ten opsigte van die onderdrukte volkere kom in die eerste plek toe aan Lenin.

8. Die mees verouderde gedeelte van die Manifes — nie wat metode betref nie maar waar dit die inhoud geld — is die kritiek op die ,, sosialistiese letterkunde " van die eerste gedeelte van die 19de eeu (Hoofstuk III) en die ontleding van die posisie van die Kommuniste met betrekking tot die verskillende opposisie-partye (Hoofstuk IV). Die bewegings en partye wat in die Manifes aangeteken word, is so drasties van die baan geskuiwe, óf deur die rewolusie van 1848, óf deur die daarop volgende teen rewolusie, dat 'n mens selfs hul name in 'n historiese woordeboek moet naslaan. Ook in hierdie afdeling staan die Manifes moontlik nou nader aan ons as wat dit die geval met die vorige geslag was. In die tydvak van die bloei van die Tweede Internasionale, toe Marxisme skynbaar onverdeelde heerskappy gevoer het, Ikon jy aanneem dat die idees van die voor-Marxistiese sosialisme beslis in die verlede verdwyn het. Vandag staan sake anders. Die ontbinding van die sosiale demokrasie en die Komintern bring met elke stap geweldige ideologiese terugwykinge te voorskyn. Seniele denke het blykbaar infantiel geword. Op soek na allesreddende formules ontdek die pro fete van die tydvak van verval opnuut leerstellings wat lank reeds deur die wetenskaplike sosialisme begrawe is.

Wat betref die vraagstuk van opposisie-partye is dit op hierdie gebied dat die eise van die tyd die mees ingrypende verandering aangebring het, nie alleen in die sin dat die ou partye lank reeds deur nuwes weggestoot is nie, maar ook in die sin dat die wesenlike karakter van partye en hul onderlinge verhoudings in die omstandighede van die imperialistiese tydvak radikaal verander het. Derhalwe moet die Manifes aangevul word deur die mees helangrike dokumente van die eerste vier kongresse van die Kommuniste-Internasionale, die essensiele letterkunde van die Bolsjewisme en die besluite geneem op die Konferensie van die Vierdie Internasionale.

* * * * * * *

Ons het reeds gemeld dat volgens Marx geen maatskaplike orde van die toneel verdwyn voor hy al die moontlikhede wat m horn skuil, uitgeput het nie. Sells ‘n verouderde maatskaplike orde laat horn egter nie sonder stryd deur 'n nuwe orde vervang nie. 'n Verandering in die maatskaplike regime ver•onderstel vooraf die geweidigste vorm van klassestryd, naamlik rewolusie. As die proletariaat om een of ander rede nie in staat is om die verouderde bourgeois-orde met een gewaagde slag omver te werp nie, dan kan die grootkapitaai in sy worsteling om sy onvaste beheer te behou, niks anders doen nie as om die klein-bourgeoisie, wat deur horn vernietig en gedemoraliseer is, in 'n pogromleer van die fascisme te omskep nie. Die bourgeoisontaarding van die sosiaal-demokrasie en die fascistiese ontaarding van die klein-bourgeoisie is inmekaar geskakel as oorsaak en gevolg.

Op die oomblik doen die Derde Internasionale op 'n baie meer verregaande manier as die Tweede die werk om in alle lande die werkers te bedrieg en te demoraliseer. Deur die voorhoede van die Spaanse proletariaat te vermoor, berei die onbeteuelde huurlinge van Moskou nie alleen die weg voor vir fascisme nie maar sit hulle 'n groot deel van sy bedrywighede aan die gang. Die uitgerekte krisis van die internasionale rewolusie, wat al hoe meer 'n krisis van die menslike kultuur word, is in sy wese die krisis in rewolusionere leierskap.

As erfgenaam van die groot tradisie, waarmee die Kommuniste-Manifes die waardevolste skakel vorm, skep die Vierde Internasionale die nuwe raamwerk vir die oplossing van ou vraagstukke. Teorie is veralgemeende werklikheid. In 'n eerlike houding teenoor rewolusionere teorie vind die hartstogtelike drang tot die herskepping van die maatskaplike orde uiting. Die feit dat in die suidhoek van die Donker Vasteland ons geestesgenote die eerstes is wat die Manifes in Afrikaans oorsit, is nog 'n aanskoulike bewys van die feit dat die Marxistiese idee vandag alleen nog onder die vaandel van die Vierde Internasionale voortbestaan. Die toekoms behoort aan horn. Wanneer die eeu fees van die Kommuniste-Manifes gevier word, dan sal die Vierde Internasionale die beslissende rewolusionere mag op ons planeet geword het.

30 Oktober 1937.

Coyoacan, Meksiko.